Die Freistadt Eisenstadt (Hongaars Kismarton, Kroaties Željezno) is die hoofstad van die Oostenrykse deelstaat Burgenland (Kroaties Gradišće, Hongaars Őrvidék) en ook sy grootste nedersetting. In administratiewe opsig is Eisenstadt 'n statutêre of selfregerende stad.
Geografie
Eisenstadt lê op 'n terras aan die suidelike voet van die Leitha-gebergte wat geleidelik na die Wulka-vlakte daal.
Klimaat
Die gemiddelde jaarlikse temperatuur was in die tydperk tussen 1961 en 1990 10,4 °C, terwyl die gemiddelde in 2007 11,8 °C was. Die gemiddelde jaarlikse reënval in die periode tussen 1961 en 1990 was 589 millimeter.