Edwill van Aarde

Edwill van Aarde (20 Desember 19383 Januarie 2024) was 'n televisie-, radio-omroeper en sportkommentator in Suid-Afrika. Hy was die aanbieder en kommentator met die langste ononderbroke diens by enige uitsaaier in Suid-Afrika, 50 jaar (in 2011).[1]

Persoonlike lewe

Van Aarde is op 20 Desember 1938 in Kimberley, Suid-Afrika gebore.[2] Hy het in Boetsap grootgeword.[3] Hy het die Laerskool Vaalharts en die Hoërskool Diamantveld bygewoon,[2] waar hy in 1957 gematrikuleer het. Hy was getroud met Piena Margeretha Forbes Ochse.

Sportkommentaar

Hy het 517 krieketwedstryde, 134 rugbywedstryde, 12 Comrades-maratons en 5 Wimbledon-manstenniseindstryde uitgesaai.[2][4]

Radio

Hy het die radioprogram Afrikaanse treffers aangebied. Hierdie program het 40 jaar oud geword in 2015.[5][6]

Televisie

Van Aarde was die aanbieder van Flinkdink, 'n algemenekennis- vasvraprogram. Hy was later ook die organiseerder en navorser van die program.[7]

Aanval

Hy is op 29 Maart 2010 in sy huis in Krugersdorp deur 'n boosdoener aangeval en fisies aangerand. Hy het die aanval oorleef.[8]

Verwysings

  1. de Bruin,P. (7 Januarie 2011). "Edwill van Aarde vier 50 jaar n.u.n". Die Burger Newspaper. Besoek op 27 Junie 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Lewe - 'n skatkis vol herinneringe". newspapers.com. Westrandwindow Newspaper. 4 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 27 Junie 2017.
  3. Jadoo, Y. (22 September 2013). "The safest place in SA". The Citizen Newspaper. Besoek op 27 Junie 2018.
  4. van Wyk,S. (12 Januarie 2017). "Veels geluk taalgenoot". Braillorette. Besoek op 27 Junie 2018.
  5. Dinamiet,D. (2 April 2015). "Afrikaanse treffers word 40 jaar oud". Maroela Media. Besoek op 27 Junie 2018.
  6. "Ateljeemusikante". Besoek op 27 Junie 2018.
  7. de Bruin,P. (7 November 2003). "Rian's coming back". News24. Besoek op 27 Junie 2018.
  8. Fourie,M. (30 Maart 2010). "Quizmaster attacked at home". Beeld Newspaper. Besoek op 27 Junie 2018.