Die Dinariese Alpe (Albanees: Alpet Dinaride of Alpet Dinarike, [alpɛt dinaɾikɛ]; Serwo-Kroaties: Dinaridi/Динариди, [dìnarskòː gòːrjeː]; Sloweens: Dinarsko gorstvo, [dìnarskòː gòːrstvòː]; Italiaans: Alpi Dinariche, [alpi dinarikɛ]) is 'n bergreeks in Suidoos-Europa langs die Adriatiese Seekus van die Balkanskiereiland. Dit streek oor sowat 645 km vanaf die Alpe in die noordweste tot die Albanese Alpe in die suidooste. Maja e Jezercës is met 2 694 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van die Dinariese Alpe en is in die Albanese Alpe geleë. Die Dinariese Alpe is na Dinara genoem, 'n berg op die grens tussen Kroasië en Bosnië en Herzegowina met 1 831 meter bo seevlak.