Die Dikbekfret (Spermestes fringilloides) is 'n skaars standvoël en plaaslike nomade in vogtige, langgrassavanne en bamboes aan woudrande. Verder is die voël gelokaliseerd in tuine waar hy soms voëlvoerders saam met ander frette besoek. Die voël is 13 cm groot en weeg 16 - 19 gram. In Engels staan die voël bekend as die Magpie Mannikin.