Cornelis Everaert (Brugge, omstreeks 1480 – 14 November 1556) was 'n Suid-Nederlandse rederijker.
Lewe
Cornelis Everaert was 'n skrywer van toneelstukke wat in die 16de eeu werksaam was en aan die handboogschuttersgilde van Sint Sebastiaan behoort het. Hy was ook lid van die Brugse rederijkerskamers De Heleghe Geest en De Drie Santinnen. As kenspreuk gebruik hy So reine verclaert en Ic come om leeren.
Werke
Tussen 1509 en 1538 skryf hy vyf-en-dertig toneelstukke, insluitend:
- 10 geestelike stukke
- 10 stukke oor moraliteit en oor maatskaplike toestande
- 7 esbattementen.
Everaert het geskryf oor eietydse religieuse, politieke en maatskaplike kwessies; daarby word onderwerpe ingereken soos hebsug, en kettery. Hy behandel egter ook belangrike gebeurtenisse soos die Slag by Pavia (1525) en die Vrede van Madrid (1526). Die werke is nog sterk middeleeus van aard.[1]
Enkele van Everaert se mees bekende stukke is:
- 't Spel van Maria Hoedeken (sy eerste)
- Spel van den Zoeten Reyn, 1525
- 't Spel van Ghewilligh Labeur ende Volc van Neeringhe, 1526
- Spel van den Wynghaer, 1526
- Spel van den Crych
- Spel van d'Ongelycke Munte,
- Stout ende Onbescaemt
- Esbatement van Scamel Gemeente ende Tribulasie
- Esbatement van den Visscher
Die werke van Everaert word in handskrifvorm bewaar in die Koninklijke Bibliotheek van België (Koninklijke Bibliotheek Brussel). Sy werke is in sy eie tyd opgevoer, soos byvoorbeeld die toneelstuk De Drie Santinnen, maar nie uitgegee nie. Sy werke is eers omstreeks 1900 uitgegee.
Bronne
- Publikasies
- J. W. MÜLLER & Louis SCHARPÉ, (reds.), Spelen van Cornelis Everaert, 3 dln., Brill (Leiden), 1898-1900.
- W. N. M. HÜSKEN, (ed.), De spelen van Cornelis Everaert. Opnieuw uitgegeven, van inleiding, annotaties en woordverklaringen voorzien, 2 dln., Verloren (Hilversum), 2005
- Literatuur
- Dickjan Braggaar,Nederlandse letterkunde voor dummies, Pearson Education, 2006, ISBN 9789043010498
- J. W. MÜLLER, 'Cornelis Everaerts spelen als spiegel van de maatschappelijke toestanden zijns tijds', in: Verslagen en mededelingen der Koninklijke Vlaamsche Academie voor taal- en letterkunde jrg. 1907, pp. 433ff.
- Henri GODAR, Histoire de la Gilde des archers de Saint Sébastien de la Ville de Bruges, Brugge, 1947.
- J. J. MAK (red.), Vier excellente cluchten (Klassieke galerij 46), Wereldbibliotheek (Amsterdam), 1950
- Jan SCHEPENS, Cornelis Everaert, in: Lexicon van Westvlaamse schrijvers, Deel 2, Torhout, 1985.
Verwysings