Chris Hipkins
|
Hipkins in Julie 2023
|
41ste Leier van die Opposisie
|
Ampsbekleër
|
Termynaanvang 27 November 2023
|
Vise
|
Carmel Sepuloni
|
Voorafgegaan deur
|
Christopher Luxon
|
|
Ampstermyn 25 Januarie 2023 – 27 November 2023
|
Vise
|
Carmel Sepuloni
|
Monarg
|
Charles III
|
Voorafgegaan deur
|
Jacinda Ardern
|
Opgevolg deur
|
Christopher Luxon
|
|
Ampsbekleër
|
Termynaanvang 22 Januarie 2023
|
Vise
|
Kelvin Davis Carmel Sepuloni
|
Voorafgegaan deur
|
Jacinda Ardern
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
Christopher John Hipkins 5 September 1978 (1978-09-05) (46 jaar oud) Hutt Valley, Nieu-Seeland
|
Politieke party
|
Nieu-Seelandse Arbeidersparty
|
Eggenoot/-note
|
Jade Hipkins
|
Kind(ers)
|
2
|
Alma mater
|
Victoria Universiteit van Wellington
|
Chris Hipkins (gebore 5 September 1978 in Wellington) is 'n Nieu-Seelandse politikus wat sedert November 2023 as die leier van die opposisie in die Nieu-Seelandse parlement dien. Hy het in Januarie 2023 vir Jacinda Ardern as leier van die Nieu-Seelandse Arbeidersparty en Eerste minister van Nieu-Seeland opgevolg. Hipkins se Arbeidersparty het die 2023 parlementêre verkiesing verloor en hy is deur Christopher Luxon van die Nasionale Party in November 2023 as Eerste minister opgevolg.
Biografie
Hipkins is op 5 September 1978 in Hutt Valley gebore.[1] Hy was hoofseun van Hutt Valley Memorial College (vandag bekend as Petone College) in 1996.[2] Na hoërskool het hy by die Victoria Universiteit van Wellington begin studeer.[2] Hy was tussen 2001 en 2002 die studente president.[2] Hipkins het later 'n graad in politieke wetenskap en kriminologie aan die universiteit behaal.[2]
Politieke loopbaan
In die 2008 algemene verkiesing is Hipkins tot die parlement as die LP vir die Rimutaka-kiesafdeling verkies.[3] Hy is in 2011 en 2014 onderskeidelik herverkies.[4][5]
Minister in die Kabinet
Na sy herverkiesing in die 2017 parlementêre verkiesing, het Arbeiderspartyleier Jacinda Ardern 'n koalisieregering gevorm en is as Eerste minister van Nieu-Seeland aangewys. Ardern het vir hom as die leier van die huis van verteenwoordigers, minister van onderwys en minister vir die staatsdiens aangewys.[6] In Julie 2020 het hy die gesondheidsportefeulje tydelik oorgeneem na David Clark se bedanking.[7]
Na die 2020 parlementêre verkiesing het hy al sy ministeriële portefeuljes behou en is ook as minister vir die regering se Covid-19-reaksie aangewys.[8] Hipkins het in Julie 2022 vir Poto Williams as minister van polisie opgevolg.[9]
Aanstelling as eerste minister
In Januarie 2023 het Jacinda Ardern haar uittrede uit die politiek aangekondig. Hipkins is onbestrede as leier van die Arbeidersparty verkies en het op 25 Januarie 2023 vir Ardern as Nieu-Seelandse eerste minister opgevolg.[10]
Hipkins se Arbeidersparty het die algemene verkiesing in Oktober 2023 verloor en hy is op 27 November 2023 deur Christopher Luxon van die Nasionale Party as Eerste minister opgevolg.[11]
Verwysings
Eksterne skakels