Van die orde Pholidota het slegs die geslag Manis (met sewe soorte) oorgebly. Die Suider-Afrikaanse ietermagog (S. temminckii) is 'n terrestriële nagdier wat van miere en termiete leef. Die ietermagog lewe in bome en klim nie net met sy pote nie, want die stert is omvorm tot 'n grypstert sodat hy daarmee aan takke kan vasklou.