Charlbi Dean Kriek ( /ˈʃɑːrlbi/ SHARL -bee ; [1]5 Februarie1990 – 29 Augustus2022) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise en model. [2] Sy was veral bekend vir haar rolle in die Spud-films (2010–2013), die superheld-dramareeks Black Lightning (2018) en die Palme d'Or- wenner, Triangle of Sadness (2022).
Vroeë lewe en loopbaan
Kriek is gebore op 5 Februarie 1990 [3][4] en het in Kaapstad grootgeword. Haar ouers was Joanne Muller en Johan Kriek. Sy het 'n broer, Alex Jacobs, gehad. [5] Sy het op die ouderdom van 6 begin modelwerk doen en in advertensies en katalogusse verskyn. Sy het op 12-jarige ouderdom 'n betrekking by Alfa Model Management aanvaar en van 14-jarige ouderdom tuisonderrig ontvang. Tydens haar loopbaan het sy gereeld rondgerits tussen Kaapstad; waar sy Waterfront Theatre School bygewoon het [6][7]; en bestemmings soos Tokio, New York en Londen. [8][9]
In Oktober 2008 het Kriek en medemodel Ashton Schnehage 'n motorongeluk oorleef. Haar beserings het 'n gebreekte pols, vier gebreekte ribbes en 'n ineengestorte long ingesluit. Sy is gehospitaliseer by Medi-Clinic, Milnerton, waar sy lewensbelangrike chirurgie ondergaan het. [10] Sy het ná die ongeluk 'n blaaskans geneem. [11]
In 2010 het Kriek haar rolprentbuiging gemaak as Amanda in die rolprentverwerking van Spud , welke rol sy in die opvolgverhaal Spud 2: The Madness Continues ook gespeel het. Sy het voortgegaan om in die rolprente Don't Sleep in 2017 en An Interview with God in 2018 te speel [12][13] In dieselfde jaar het sy die rol van Syonide losgeslaan, 'n karakter wat sy tydens twee seisoene van die Arrowverse-reeks Black Lightning vertolk het. [14][15] In Februarie 2020 is aangekondig dat Kriek by die rolverdeling van Ruben Östlund se satiriese rolprent Triangle of Sadness aangesluit het, wat tydens die 2022 Cannes-rolprentfees vertoon is en die Palme d'Or gewen het. [16][17]
Persoonlike lewe en dood
Kriek was verloof aan 'n mede-Suid-Afrikaanse model genaamd Luke Volker. [18][19]
Op 29 Augustus 2022 is Dean in 'n hospitaal in New York opgeneem nadat sy olik begin gevoel het. [20] Haar aanvanklike simptome was lig, maar haar toestand het vinnig versleg, en sy is etlike ure later op 32-jarige ouderdom oorlede. [3][20][19] Die finale oorsaak van haar dood is steeds onbekend, hangende die uitslae van 'n lykskouing, alhoewel daar reeds bevind is dat sy 'n virusinfeksie in haar longe gehad het. [20] Haar milt is ná die motorongeluk in 2008 verwyder, wat die risiko van ernstige infeksies verhoog het. [20][21]
Kriek is kort voor die internasionale vrystelling van Triangle of Sadness[22] oorlede. Peter Bradshaw van The Guardian het geskryf dat sy “’n ware ster-in-wording was. Haar verlies is 'n groot een ... [sy] het 'n unieke styl en enorme belofte gehad."
↑Brown, Emma (19 September 2013). "Gloves Off". Interview Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
↑Evans, Sally; Kamaldien, Yazeed (8 Oktober 2008). "Top SA model in horror crash". The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
↑"Actress Charlbi Dean dies". uk.sports.yahoo.com. 30 Augustus 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
↑"Illusive Fields". Berlinale Talents (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.