Casablanca (Arabies: الدار البيضاء, ad-Dār al-bayḍāʾ; Arabies en Spaans vir: "Withuis") is die grootste stad van Marokko, groter as die hoofstad Rabat en geleë aan die Atlantiese Oseaan. Die stad het in 2009 'n bevolking van 4 150 000 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 324 km².
Geskiedenis
Die Portugese het die oorspronklike Berbernedersetting, wat gebou was op die hedendaagse stad, in 1468 vernietig en in 1515 hulle eie stad gebou wat hulle later weer verlaat het. In 1775 is die stad deur 'n aardbewing verwoes en is eers weer herbou in die negentiende eeu. Die stad het eers begin groei nadat die Franse dit in 1907 beset het toe fanatiese Moslems 'n aantal Europeërs vermoor het. Die Franse het toe die stad as 'n basis gebruik. In 1916 het die Franse die hawe voltooi.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaners by die stad aan wal gegaan en weerstand ondervind van die plaaslike Vichy-Franse. Die weerstand was van so aard dat die Amerikaners die stad bombardeer het met skepe en vliegtuie en groot skade aan die hawe aangerig het.
Gedurende Januarie 1943 het die beroemde konferensie hier plaasgevind toe die Geallieerde leiers hier ontmoet het.
Geboortes
Eksterne skakels