Carl Anton Larsen (7 Augustus 1860 – 8 Desember 1924) was 'n Noorse Antarktiese ontdekkingsreisiger, wat belangrike bydraes gelewer het tot die verkenning van Antarktika, waarvan die belangrikste die eerste ontdekking van fossiele daar was, waarvoor hy die Back Grant van die Royal Geographical Society ontvang het. In Desember 1893 het hy die eerste persoon geword om te ski in Antarktika op die Larsen ysbank, wat later na hom vernoem is. Larsen word beskou as die stigter van die Antarktiese walvisjagbedryf. Hy het ook die nedersetting by Grytvikenop, op die Brits-geadministreerde eiland van Suid-Georgië gestig. In 1910, na 'n paar jaar se verblyf op Suid-Georgië, het hy Britse burgerskap ontvang. Die Noorse walvisfabriekskip CA Larsen, is na hom vernoem.[1][2][3][4][5]