Caph is een van die vyf sterre wat die "W" van Kassiopeia vorm en lê langs die helderder Schedar (Alpha Cassiopeiae).[10]SN 1572, tradisioneel bekend as Tycho se Ster, het in 1572 sowat 5 grade noordwes van Caph gelê.[8] Die ster is hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond sigbaar.[11]
Caph is ’n gelerige reusester van klas F2 III, met ’n oppervlaktemperatuur van sowat 7 000 K. Dit is meer as drie keer so groot en, met ’n absolute magnitude van 1,16, omtrent 28 keer so helder as die Son. Dit was eens ’n A-tipe ster met ’n massa van omtrent twee keer die Son s’n.[6] Dit is op die oomblik aan die afkoel en uitsit om ’n rooireus te word. Caph se korona is gewoonlik swak.[10]
Dit is ’n Delta Scuti-veranderlike en is die tweede helderste ster van dié soort, naas Altair.[12] Sy helderheid wissel tussen 2,25 en 2,31 m met ’n periode van 2,5 uur.[10]
Die ster roteer teen sowat 92% van die kritieke spoed en voltooi elke dag 1,12 rotasies. Dit gee die ster die vorm van ’n afgeplatte sferoïed, met ’n ewenaarbult wat 24% groter as die poolradius is. Dit veroorsaak dat die poolstreek ’n hoër temperatuur as die ewenaarstreek het; die verskil is omtrent 1 000 K.
Name
Die ster se Bayer-naam is "Beta Cassiopeiae" en sy Flamsteed-naam "11 Cassiopeiae". Die tradisionele naam "Caph" of "Kaff" kom van die Arabiese woord كف kaf, "palm" (wat uit die Plejades strek) en "al-Sanam al-Nakah" van die Arabies vir "die kameel se boggel".[8]
↑Kukarkin, B. V.; et al. (1971). General Catalogue of Variable Stars containing information on 20437 variable stars discovered and designated till 1968 (3rd uitg.). Bibcode:1971GCVS3.C......0K.
↑Jaschek, C.; Gomez, A. E. (1998). "The absolute magnitude of the early type MK standards from HIPPARCOS parallaxes". Astronomy and Astrophysics. 330: 619. Bibcode:1998A&A...330..619J.
↑ 5,05,1Johnson, H. L.; et al. (1966). "UBVRIJKL photometry of the bright stars". Communications of the Lunar and Planetary Laboratory. 4 (99): 99. Bibcode:1966CoLPL...4...99J.