Die brilwewer (Ploceus ocularis) is 'n algemene standvoël van woudrand, vogtige boomveld, ruigtes en tuine. Hulle kom gewoonlik in pare voor en broei alleen in 'n fyngeweefde nes met 'n lang ingangstonnel. Die voël word 15 cm groot, weeg 27 - 32 gram en is monogaam. In Engels staan die voël bekend as die Spectacled weaver.