Die gebou, 'n voortreflike voorbeeld van Italiaans-geïnspireerde kommersiële Neorenaissance-boukuns (Italian Renaissance Revival volgens die Amerikaanse argitektoniese kategorisering), is in 1893 in opdrag van die goudmynbou-magnaat Lewis L. Bradbury deur George Wyman volgens 'n ontwerp van Sumner Hunt opgerig. Die gebou se buitefasade is van bruin bak- en sandstene gemaak en versier met terracotta-panele.[2] Die smeedyster in sy interieur is in Frankryk ontwerp en vervaardig en ter geleentheid van die wêreldtentoonstellingWorld’s Columbian Exposition 1893 (ook The Chicago World’s Fair genoem) in Chicago vertoon voordat dit in Los Angeles geïnstalleer is. Die wandelgange in die atrium word deur 'n glasdak van natuurlike daglig voorsien.[3]
Die gebou kom in in 'n verskeidenheid fiktiewe literêre werke voor en is daarnaas weens sy besondere atmosfeer baie kere as toneel vir rolprente (waaronder Ridley Scott se wetenskapsfiksie-meesterwerk Blade Runner van 1982), televisie-programme en musiek-video's gekies.
In 1971 is die gebou by die National Register of Historic Places ingesluit en in 1977 tot Nasionale Historiese Baken (National Historic Landmark) verklaar[4] - as een van slegs vier kantoorgeboue in Los Angeles wat ooit in dié kategorie vereer is.