Braamfontein (kiesafdeling)

Braamfontein, naby aan die middestad van Johannesburg, was een van die eerste kiesafdelings vir die Suid-Afrikaanse Volksraad in die heel eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 ná Uniewording op 31 Mei dieselfde jaar.

In die eerste en enigste verkiesing in Braamfontein wen die Unionisteparty se A.W. Sampson met 'n meerderheid van 410 stemme teen die Regerende Party se H.B. Papenfus.

Partye en kandidate gewen

Bronne

  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.