slegs broeibesoekers heeljaar aanwesig oorwinteringsgebied
Die Bontelsie is 'n waadvoël en 'n algemene standvoël in suidelike Afrika. Dit het 'n wye verspreiding in die Ou Wêreld, en is ten dele ook 'n trekvoël.
Identifikasie
Volwasse voëls het wit vere behalwe vir 'n swart hoof en swart vlekke op die vlerke en op die rug. Hulle het lang na bo-gekeerde snawels en lang blouerige bene.
Habitat
Die habitat is hoofsaaklik vlak damme, mere en vleie. Hulle broei op oop grond, soms in klein groepies. Die broeisel bestaan normaalweg uit 3 tot 5 eiers.
Verspreiding
Die Bontelsie broei in Europa en sentraal-Asië en oorwinter in Afrika en Suid-Asië. In 1840 het dit as 'n broeispesie in Brittanje uitgesterf, maar dit kon die eiland sedert 1947 herkoloniseer.
Geluid
Die Bontelsie uiter harde kloet-kloet-kloet geluid.