Die Bleekvlerkkeilstert (Bulweria bulwerii) is 'n stormvoël en 'n seldsame swerwer aan die weskus van Suid-Afrika. Die voël is 26 – 28 cm groot en weeg 80 - 120 g met 'n vlerkspan van 68 - 72 sentimeter. 100,000 pare broei op eilande in die Noord-Atlantiese en Stille Oseaan en klein getalle in die Indiese Oseaan. In Engels staan die voël bekend as Bulwer's petrel.
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Procellariidae.