Barry Goodes (* 3 April 1982, Welkom) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het die Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus en Griffons in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Cats, Cheetahs en Lions in die Superrugbykompetisie uitgedraf.
Goodes is in 2006 in sy huis in Bloemfontein deur drie skurke oorval maar het nie ernstig seergekry nie.[1] In 2007 is hy na Italië waar hy vir twee seisoene vir Veneziamestre gespeel het. Goodes is saam met Quintin Kruger en voormalige spanmaats Hendro Scholtz en Michael Horak betrokke by die afrigting van die Shimlas.
Verwysings
Eksterne skakels