Die pan kry sy water deur ‘n kanaal vanaf die Hartsrivier. Onder natuurlike omstandighede het die vlei water ontvang as die rivier in vloed is en die water tydens besondere omstandighede oor sy oewer spoel en in die pan vloei. Die hele natuurreservaat is 3 118ha groot, maar die meer beslaan 2 000 ha en tot 12m diep as dit vol is. Dit is dus ‘n varswatermeer omring met graslande.
Voëls
‘n Voël-navorsingstasie is in 1960 hier opgerig. In die beginjare van die navorsing is 40 000 voëls en 190 spesies per jaar hier waargeneem. Hulle sluit in die bontfraiingpoot, grootwulp, rooipensreier en flaminke.