Die Aymara leef in die sentrale Andesstreek suidoos van die Titicacameer en oos van die Atacamawoestyn. Hulle vorm 17% van Bolivië se bevolking en een van die mees bekende Aymara is Evo Morales, Bolivië se 80ste president.
Die tuisland van die Aymara is in die laat 15de of vroeë 16de eeu deur die Inka-ryk verower en het met die latere Spaanse verowering van die Inka-ryk onder Francisco Pizarro deel van die Spaanse Ryk geword. As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Onafhanklikheidsoorloë (1810–25) het die Aymara onder die owerheid van die onafhanklike lande Bolivië en Peru gekom. Na die Salpeteroorlog (1879–83) het Chili grondgebied ontvang wat deur die Aymara bewoon is.[4]
Verwysings
↑(es) Bolivia National Census 2001, figures listed in Ramiro Molina B. and Javier Albó C., Gama étnica y lingüística de la población boliviana, La Paz, Bolivia, 2006, bl. 111.
↑(es) Peru National Census 1993, figures listed in Andrés Chirinos Rivera, Atlas Lingüístico del Perú, Cuzco: CBC, 2001.
↑(es) Vergara, Jorge Iván; Gundermann, Hans (2012). "Constitution and internal dynamics of the regional identitary in Tarapacá and Los Lagos, Chile". Chungara. Universiteit van Tarapacá. 44 (1): 115–134. doi:10.4067/s0717-73562012000100009.