Die Audi Quattro is 'n pad- en tydrenmotor, vervaardig deur die Duitse motorvervaardiger Audi, deel van die Volkswagengroep. Dit is die eerste keer by die Geneefse Motorskou op 3 Maart 1980 tentoongestel. Produksie van die oorspronklike weergawe is tot in 1991 voortgesit.