Argeïkum

'n Artistieke weergawe van 'n landskap in die Argeïkum
Eon Era Periode Ouderdom  Ma.
Proterosoïkum Paleoproterosoïkum later
Argeïkum Neoargeïkum Siderium[1][2] 2630 -2420
Metanium 2780 – 2630
Mesoargeïkum Pongolium 3020 – 2780
Vaalbarium 3490 -3020
Paleoargeïkum 3810 – 3490
Eoargeïkum 4000 – 3810 ?
Hadeïkum Neohadeïkum Prometium vroeër

Die Argeïkum of Argeïese Eon is die tweede geologiese eon in die Aarde se bestaan. Dit het sowat 4 miljard jaar gelede begin met die einde van die Hadeïkum en geduur tot die begin van die Proterosoïkum sowat 2,5 miljard jaar gelede.

Die naam kom van die Antieke Griekse Αρχή (Arkhē; "begin, oorsprong"). Die eon is eers gewoonlik nie op grond van stratigrafie soos ander geologiese tydperke nie, maar chronometries bepaal. Gradstein hulle (2012) het nogtans 'n indeling voorgestel wat vanaf omtrent 3490 Ma stratigrafies gedefinieer word.[1] In sommige geskrifte word die Hadeïkum beskou as deel van die Argeïkum. Die grens tussen Hadeïkum en Aegeïkum is omstrede. Gradstein beskou die Eoargeïkum van 4,0 - 3,8 Ga as die begin van die Argeïkum. Goldblatt hulle noem hierdie tyd Prometium en beskou dit as 'n periode van die Hadeïkum omdat die Groot Bombardement van die Maan nog besig was.[3]

Toe die Argeïkum begin, was die Aarde se hittevloei byna drie keer so groot as vandag, en dit was steeds twee keer so groot met die oorgang na die Proterosoïkum. Die ekstra hitte is veroorsaak deur ’n mengsel van oortollige hitte ná die vorming van die planeet en sy kern en radioaktiewe elemente.

Tektoniese aktiwiteit het waarskynlik verskil van vandag s'n. Sommige wetenskaplikes meen dat omdat die Aarde baie warmer was, tektoniese aktiwiteit groter was. Dit het die vorming van kontinente voorkom totdat die mantel afgekoel en konveksie afgeneem het. Ander meen die oseaniese litosfeer was te lewendig dat tektoniese plate onder mekaar kon inbeweeg en dat die gebrek aan Argeïese rotse die gevolg is van erosie deur daaropvolgende tektoniese aktiwiteit.

Plaattektoniek

Argeïese kratons.[4]

Vandag word steeds navorsing gedoen om te bepaal of tektoniese aktiwiteit in die Argeïkum voorgekom het.[5]

Uit die ontwikkeling van die Sm/Nd-isotoopverhouding kom Rosas en Korenaga (2018) tot die gevolgtrekking dat die groei van die aardkors reeds aan die einde van die Hadeïkum volledig was en dat die konveksie in die mantel dalk reeds deur plaattektoniek plaas gevind het. Die tektoniek se styl kan nogtans baie verskil het met vandag en die spoed van die kringloop kan so hoog as 2-4 x 1022 kg/Ga gewees het. [6]

Kratons

Hoewel uit die Hadeïkum noulik gesteentes bekend is kan uit die Argeïkum heelparty kratons onderskei. Die Kaapvaal-kraton van Suid-Afrika met sy Barberton-groensteengordel is die kraton wat die beste behou is. Daar word gedink dat die kraton soms superkratons gevorm het. Die periode Vaalbarium is na die bekendste voorgestelde superkraton Vaalbara (Kaapvaal+Pilbara) vernoem, hoewel dit nie seker is dat dit reeds in daardie tyd gevorm het nie. Daar het moontlik ook ander superkratons bestaan soos Superia (Superior+Wyoming+Kola-Karelia+Hearne volgens Ernst & Bleeker 2010), Sclavia (Dharwar+Slave volgens French & Heaman 2010) en Zimgarn (Yilgarn+Zimbabwe volgens Smirnov hulle 2013) Dit is nogtans moontlik dat Pilbara en Kaapvaal saam met ander kratons 'n groter superkontinent gevorm het sonder dat hulle aanmekaar gegrens het.[7]

Klimaat

Die Argeïkum se klimaat is 'n omstrede saak. Die δ18O-waardes wat in tjert gevind word, wys 'n baie hoë temperatuur van die aardoppervlak tot 1,5 Ga gelede (Proterosoïkum). Die reduserende aard van die atmosfeer beteken dalk dat die parsiële druk van koolstofdioksied baie hoër gewees het as vandag. Daar is ook biochemiese aanwysings dat die oudste lewensvorme, Archaea en Bakterieë termofiel was en 'n temperatuur van 100 oC kon oorleef het. Aan die ander kant het die son waarskynlik minder sterk geskyn. Daar is ook aanwysings vir 'n ystydperk in die Pongolium.[8]

Lewe

Fossiele stromatoliet uit Pilbara 3,6 -3,2 Ga oud.

Wetenskaplike bewyse dui aan dat lewe op Aarde minstens 3,5 miljard jaar gelede begin het.[9][10] Die vroegste bewyse van lewe is grafiet wat biogenies blyk te wees en voorkom in 3,7 miljard jaar oue afsettingsgesteentes wat in Wes-Groenland ontdek is[11] en fossiele in 3,48 miljard jaar oue sandsteen wat in Wes-Australië ontdek is.[12][13]

Fossiele van sianobakteriese lae wat gehelp het met die vorming van suurstof in die atmosfeer[14] het regdeur die Argeïkum voorgekom en veral algemeen geraak laat in die eon.[15] Benewens die domein Bacteria (voorheen bekend as Eubacteria), is mikrofossiele van die domein Archaea ook al ontdek.

Lewe het waarskynlik regdeur die Argeïkum bestaan, maar was beperk tot eenvoudige, eensellige organismes bekend as prokariote. Met die begin van die Vaalbarium word die eerste makroskopiese fossiele gevind, die stromatoliete, matte van kolonievormende sianobakterieë wat vandag nog plek-plek voorkom waar die soutgehalte van seewater so hoog is dat ander organismes wat dit sou vreet daar nie kan voorkom nie.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 The Geologic Time Scale 2012, Deel 2 F M Gradstein, J G Ogg, Mark Schmitz, Gabi Ogg Elsevier, 2012 ISBN 0-444-59425-6, ISBN 978-0-444-59425-9
  2. Hierdie indeling volg F M Gradstein, J G Ogg, Mark Schmitz, Gabi Ogg s'n. Hierdie indeling kom nie heeltemal met Golblatt s'n vir die Hadeïkum ooreen nie: die grens tussen die twee eone is nie dieselfde nie
  3. The Eons of Chaos and Hades C. Goldblatt, K.J. Zahnle, N.H. Sleep, E.G. Nisbet Solid Earth 1, 1-3, 2010
  4. Siderophile and chalcophile elements in the Archean mantle-crust system. Chunhui Li Proefskrif November 2016 Freie Universität Berlin
  5. Stanley, Steven M. (1999). Earth System History. New York: W.H. Freeman and Company. pp. 297–301. ISBN 0-7167-2882-6.
  6. Rapid crustal growth and efficient crustal recycling in the early Earth: Implications for Hadean and Archean geodynamics Juan Carlos Rosas, Jun Korenaga Earth and Planetary Science Letters, 494, 15 July 2018, Pages 42-49
  7. L Validating the existence of the supercraton Vaalbara in the Mesoarchaean to Palaeoproterozoic Ashley Gumsley 1 Sept 2017 proefskrif Lund University
  8. The Case for a Hot Archean Climate and its Implications to the History of the Biosphere David W. Schwartzman
  9. de Duve, Christian (Oktober 1995). "The Beginnings of Life on Earth". American Scientist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2017. Besoek op 15 Januarie 2014.
  10. Timmer, John (4 September 2012). "3.5 billion year old organic deposits show signs of life". Ars Technica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2019. Besoek op 15 Januarie 2014.
  11. Yoko Ohtomo, Takeshi Kakegawa, Akizumi Ishida, Toshiro Nagase, Minik T. Rosing (8 Desember 2013). "Evidence for biogenic graphite in early Archaean Isua metasedimentary rocks". Nature Geoscience. doi:10.1038/ngeo2025. Besoek op 9 Desember 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  12. Borenstein, Seth (13 November 2013). "Oldest fossil found: Meet your microbial mom". AP News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2019. Besoek op 15 November 2013.
  13. Noffke, Nora; Christian, Daniel; Wacey, David; Hazen, Robert M. (8 November 2013). "Microbially Induced Sedimentary Structures Recording an Ancient Ecosystem in the ca. 3.48 Billion-Year-Old Dresser Formation, Pilbara, Western Australia". Astrobiology. doi:10.1089/ast.2013.1030. Besoek op 15 November 2013.
  14. "Early life: Oxygen enters the atmosphere" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2018. Besoek op 20 September 2012.
  15. Stanley, 307

Eksterne skakels


  Geologiese eons:     Hadeïese Eon     Argeïese Eon     Proterosoïese Eon     Fanerosoïese Eon  

Read other articles:

Rijksdaalder (1602) Rijksdaalder (bahasa Belanda untuk dolar nasional) adalah koin Belanda yang pertama kali dikeluarkan Republik Belanda pada akhir abad ke-16, saat Revolusi Belanda. Pada salah satu bagian sisinya terdapat gambar William Sang Pendiam. Setiap Rijksdaalder dibuat sesuai dengan standar Reichsthaler Saxon, yaitu - 448 butir perak .885.[1] Nama Rijksdaalder berasal dari arti aslinya Daaler van het Rijk atau Kekaisaran Jerman. Koin ini dicetak sesuai dengan standar Reichst...

 

Proyek pemetaan bahasaProyekWiki BahasaArtikel ini menggunakan peta yang dihasilkan dari OpenStreetMap dan juga jejaring peta (mapframe) yang dibuat oleh kontributor Wikipedia. Apabila Anda menemukan kesalahan informasi, galat, maupun kendala teknis lainnya dalam data peta, silahkan laporkan di sini. Apabila Anda tertarik dalam pengembangan proyek pemetaan bahasa, silakan bergabung ke ProyekWiki kami. Proyek ini sudah menghasilkan sebanyak 108 artikel bahasa dengan peta interaktif yang dapat...

 

Keju Scarmoza asal Molise Masakan Molise (cucina molisana) adalah masakan yang berasal dari Molise, daerah tengah-selatan Italia.[1] Masakan Molise sederhana dan berasa kuat, bergantung kepada bahan-bahan pertanian dan peternakan, terutama domba. Kuliner daerah ini kurang begitu dikenal di Italia dikarenakan letaknya yang terpencil. Masakan Molise berkaitan dengan masakan Abruzzo di satu sisi dan masakan Apulia di sisi lain. Ketiga daerah ini disatukan lewat rute tratturi. Molise tida...

Biografi ini tidak memiliki sumber tepercaya sehingga isinya tidak dapat dipastikan. Bantu memperbaiki artikel ini dengan menambahkan sumber tepercaya. Materi kontroversial atau trivial yang sumbernya tidak memadai atau tidak bisa dipercaya harus segera dihapus.Cari sumber: Thomas Ramdhan – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) Thomas RamdhanLahir5 Maret 1967 (umur 57)...

 

Failed siege of the Ottoman–Habsburg wars For other uses, see Siege of Vienna (disambiguation). Siege of ViennaPart of the Ottoman wars in Europe and the Ottoman–Habsburg warsContemporary 1529 engraving of clashes between the Austrians and Ottomans outside Vienna, by Bartel BehamDate27 September–15 October 1529[1](2 weeks and 4 days)LocationVienna, Holy Roman Empire(present-day Austria)Result Habsburg victoryBelligerents Holy Roman Empire Kingdom of Bohemia Electorate ...

 

Filipina actress This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Yayo Aguila – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2014) (Learn how and when to remove this template message) In thi...

Article principal : Eaux usées. Panneau indiquant Eau recyclée utilisée sur ce site pour conserver nos ressources naturelles. La réutilisation des eaux usées, ou recyclage, consiste à récupérer les eaux usées après plusieurs traitements destinés à en éliminer les impuretés, afin de stocker et d'employer cette eau à nouveau. Le recyclage remplit donc un double objectif d’économie de la ressource : il permet à la fois d'économiser les ressources en amont en les ré...

 

Schleswig Gottorf Kastle Schleswig (bahasa Denmark: Slesvig) adalah kota yang terletak di Schleswig-Holstein, Jerman. Kota ini adalah ibu kota dari Kreis (distrik) Schleswig-Flensburg. Kota ini memiliki populasi sekitar 27.000. Kota ini memiliki luas sebesar 24.3 km². Pranala luar (Jerman) Municipal website Artikel bertopik geografi atau tempat Jerman ini adalah sebuah rintisan. Anda dapat membantu Wikipedia dengan mengembangkannya.lbs

 

Home in Helensburgh, Scotland designed by Charles Rennie Mackintosh For the school in Knightsbridge, London, see Hill House School. For the fictional haunted house, see The Haunting of Hill House. This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced mate...

Season of television series Modern FamilySeason 3Region 1 DVD coverStarring Ed O'Neill Sofía Vergara Julie Bowen Ty Burrell Jesse Tyler Ferguson Eric Stonestreet Sarah Hyland Ariel Winter Nolan Gould Rico Rodriguez Aubrey Anderson-Emmons No. of episodes24ReleaseOriginal networkABCOriginal releaseSeptember 21, 2011 (2011-09-21) –May 23, 2012 (2012-05-23)Season chronology← PreviousSeason 2 Next →Season 4 List of episodes The third season of the comedy television...

 

American professional golfer Lee JanzenJanzen in 2008Personal informationFull nameLee MacLeod JanzenBorn (1964-08-28) August 28, 1964 (age 59)Austin, MinnesotaHeight6 ft 0 in (1.83 m)Weight175 lb (79 kg; 12.5 st)Sporting nationality United StatesResidenceOrlando, FloridaCareerCollegeFlorida Southern CollegeTurned professional1986Current tour(s)PGA Tour ChampionsFormer tour(s)PGA TourU.S. Golf TourProfessional wins16Highest ranking13 (November 26, 1995)&...

 

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Robert Renwick, 1st Baron Renwick – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2016) Robert Burnham Renwick, 1st Baron Renwick, KBE (4 October 1904 – 30 August 1973), known as Sir Robert Renwick, 2nd Baronet, from 1932 to 1964, was a British...

Confection made with nuts GozinakiTypeConfectioneryPlace of originGeorgiaMain ingredientsNuts (usually walnuts), honey  Media: Gozinaki Gozinaki (Georgian: გოზინაყი gozinaq’i, pronounced [ɡozinaqʼi]) is a traditional Georgian confection made of caramelized nuts, usually walnuts, and fried in honey.[1][2][3] In the western Georgian provinces of Imereti and Racha, it was sometimes called churchkhela, a name more commonly applied t...

 

Namibian sprinter Christine MbomaMboma in 2021Personal informationFull nameChristine Katiku MbomaBorn (2003-05-22) 22 May 2003 (age 21)Shinyungwe, Kavango East, NamibiaSportCountryNamibiaSportAthleticsClubQuinton-Steele Botes AC[1]Coached byHenk Botha[2]Achievements and titlesPersonal bests100 m: 10.97 (Gaborone 2022)200 m: 21.78 (21.81 WU20R) AR (Zürich 2021)400 m: 49.22 (2021, also 48.54 not recognized)800 m: 2:03.27 (Lusaka 2021) Medal record ...

 

Le coprah, ou copra, est l'albumen séché de la noix de coco. Noix de coco coupées. La floraison du cocotier produit une drupe, un fruit vert qui contient une noix et pousse en grappes de cinq à plus de dix, selon la variété, à l'aisselle des branches. La noix est entourée d'une enveloppe fibreuse, épaisse de cinq à quinze centimètres, appelée mésocarpe. Sous cette enveloppe se trouve une mince coque brune très dure, qui renferme l'albumen – un liquide translucide un peu b...

Part of a series onForced labour and slavery Contemporary Child Labour Child soldiers Conscription Debt Forced marriage Bride buying Child marriage Wife selling Forced prostitution Human trafficking Peonage Penal labour Contemporary Africa 21st-century jihadism Sexual slavery Wage slavery Historical Antiquity Egypt Babylonia Greece Rome Medieval Europe Ancillae Black Sea slave trade Byzantine Empire Kholop Prague slave trade Serfs History In Russia Emancipation Thrall Genoese slave trade Ven...

 

1966 live album by George ShearingRare Form!Live album by George ShearingReleasedJune 1966RecordedJuly 5–6, 1963GenreJazzLabelCapitol ST 2447 [1]ProducerDave Cavanaugh, Tom MorganGeorge Shearing chronology Hear & Now!(1966) Rare Form!(1966) That Fresh Feeling!(1966) Rare Form! is a live album by George Shearing and his quintet, recorded in San Francisco in July 1963. It was released in 1966.[2] Reception Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllmusic[...

 

Chinese diver (born 1995) Chen AisenChen Aisen and Lin Yue at the Rio OlympicsPersonal informationNative name陈艾森NationalityChineseBorn (1995-10-22) 22 October 1995 (age 28)Guangzhou, ChinaHeight1.68 m (5 ft 6 in)Weight60 kg (132 lb)SportCountryChinaSportDivingEvent(s)10 m, 10 m synchroClubGuangdong Province Medal record Men's diving Representing  China Event 1st 2nd 3rd Olympic Games 2 1 0 World Championships 3 1 0 FINA Diving World Cup 3 1 0 Tota...

This article possibly contains original research. Please improve it by verifying the claims made and adding inline citations. Statements consisting only of original research should be removed. (September 2021) (Learn how and when to remove this message) James Veitch (1808–1879) was a minister of the Church of Scotland and noted astronomer and geologist. A traditionalist, he resisted all innovations within the church (such as reintroduction of iconography in stained glass, and the use of...

 

1950s political reforms by Soviet Premier Khrushchev For other uses, see De-Stalinization (disambiguation). Part of a series onMarxism–Leninism Concepts Administrative-command system Anti-imperialism Anti-revisionism Central planning Soviet-type economic planning Collective farming Collective leadership Commanding heights of the economy Democratic centralism Dialectical logic Dialectical materialism Foco Intensification of the class struggleunder socialism Labor aristocracy Marxist–Lenini...