AltruïsmeAltruïsme of selfloosheid is 'n beginsel of praktyk waarvolgens ander se welsyn op die hart gedra word. Altruïsme of selfloosheid is die teenoorgestelde van selfsug. Die woord is deur die Franse filosoof Auguste Comte as altruisme geskep, 'n antoniem van egoïsme.[1][2] Hy het dit van die Italiaanse altrui afgelei wat oorspronklik uit die Latynse alteri afgelei is, en wat "ander mense" of "iemand anders" beteken".[3] Die idee van altruïsmeAltruïsme gaan in wese oor die omgee vir die welsyn van ander en die stappe om hulle te help. Wetenskaplike sieningsAntropologieMarcel Mauss se boek The Gift bevat 'n aantekening wat die ontwikkeling van die idee rondom aalmoese (en uiteindelik ook altruïsme) beskryf. Hy skryf:
Evolusionêre verklaringsIn die wetenskap van etologie (die studie van dieregedrag), en meer algemeen in die studie van sosiale evolusie, verwys altruïsme na gedrag deur 'n individu wat die fiksheid van 'n ander individu bevorder terwyl die fiksheid van die individu benadeel word.[4] Van die voorgestelde meganismes is:
Hierdie verklarings impliseer nie dat mense altyd bewustelik bereken hoe om hulle inklusiewe fiksheid te bevorder wanneer hulle altruïstiese dade doen nie. Evolusie self het sielkundige meganismes soos emosies gevorm wat altruïstiese gedrag bevorder. Die altruïs kan sy voordele laat toeneem en nadele (koste) laat afneem deur meer altruïsties teenoor sekere groepe te wees. Volgens navorsing is mense meer altruïsties teenoor verwantes as nieverwantes, teenoor vriende as vreemdelinge, teenoor aantreklike as onaantreklike individue, teenoor nie-mededingers as mededingers, en teenoor lede van die ingroep as lede van uitgroepe. Volgens die selektiewe beleggingsteorie het naby sosiale verbintenisse en die geassosieerde emosionele, kognitiewe en neurohormonale meganismes ontwikkel ten einde langtermyn, hoëkoste altruïsme tussen diegene te fasiliteer wat vir oorlewing en reproduktiewe sukses van mekaar afhanklik is.[12][13] Aanvanklike evolusieproblematiekDaar is probleme met betrekking tot die vroeë evolusiefase van altruïsme. Die eerste emosioneel empatiese individu sou, indien dit 'n genetiese eienskap was, prakties deur die uitbuiting van voorafbestaande nie-empatiese uitgewis word.[14][15] Die eerste empatiese individu sou basies elke keer uitgebuit word wanneer 'n ander individu op die regte tyd op die regte plek was om van sy altruïsme misbruik te maak. NeurobiologieJorge Moll en Jordan Grafman, neurowetenskaplikes aan die Nasionale Instituut van Gesondheid en LABS-D'Or-hospitaalnetwerk (J.M.) het die eerste bewyse van die neurale basis vir altruïstiese vrygewigheid verskaf. In hulle navorsing wat in 2006 gepubliseer is,[16] het hulle aangetoon dat suiwer geldelike belonings sowel as liefdadigheidskenkings die mesolimbiese beloningspad aktiveer, 'n primitiewe deel van die brein wat gewoonlik op voedsel en seks reageer. Wanneer vrywilligers ander se belange egter ver bo hulle eie stel deur liefdadigheidskenkings te maak, is nog 'n breinbaan selektief geaktiveer: die subgenuale korteks/septale streek. Hierdie strukture is intiem verwant aan sosiale verknogtheid en verbintenisse in ander spesies. Die eksperiment het daarop gedui dat altruïsme nie 'n verhewe morele eienskap was wat selfsugtige drange onderdruk nie, maar in werklikheid inherent aan die brein is, permanent en aangenaam.[17] SielkundeDie Internasionale Ensiklopedie van Geesteswetenskappe omskryf sielkundige altruïsme as "'n motiveringstaat wat daarop gerig is om 'n ander se welsyn te bevorder". Die vraag is al geopper of mense werklik tot sielkundige altruïsme in staat is.[18] Aangesien altruïsme in baie gevalle uiteindelik die self bevoordeel, word die selfloosheid van altruïstiese dade bevraagteken. Daniel Batson is 'n sielkundige wat vier hoofmotiewe vir altruïsme geïdentifiseer het: altruïsme om uiteindelik die self te bevoordeel (egoïsme), om uiteindelik die ander persoon te bevoordeel (altruïsme), om 'n groep te bevoordeel (kollektivisme), of om 'n morele beginsel te handhaaf (prinsiplisme). Altruïsme wat uiteindelik op selfsugtige wins gemik is, word dus van selflose altruïsme onderskei, maar die algemene gevolgtrekking is dat empatie-gedrewe altruïsme opreg selfloos kan wees.[19] Die empatie-altruïsmehipotese gaan basies daaroor dat sielkundige altruïsme wel bestaan en deur die empatiese begeerte geaktiveer om iemand te help wat swaarkry. Helpende gedrag word vanaf sowat twee jaar oud by mense gesien, wanneer 'n kleuter in staat is om subtiele emosionele leidrade te verstaan.[20] Navorsing toon dat mense meer geneig is om iemand in nood te help as hulle persoonlik daarvoor verantwoordelik voel om die persoon se nood te verlig. Navorsing toon ook dat die hoeveelheid omstanders wat nood of lyding waarneem, die waarskynlikheid van hulpverlening beïnvloed (die Omstandereffek). Groter hoeveelhede omstanders laat individuele gevoelens van verantwoordelikheid afneem.[21] 'n Getuie met 'n hoë empatiese besorgdheid sal egter geneig wees om persoonlike verantwoordelikheid te aanvaar, ongeag die hoeveelheid omstanders. Daar is al baie studies oor die uitwerking van vrywilligersdiens (as vorm van altruïsme) op geluk en gesondheid gedoen, en daar is bevind dat daar 'n sterk ooreenkoms tussen vrywilligheidsdiens en huidige en toekomstige gesondheid en geluk bestaan.[22][23] Dit is belangrik om daarop te let dat, alhoewel navorsing die idee ondersteun dat altruïstiese dade tot geluk lei, dit ook omgekeerd werk—gelukkiger mense is ook meer welwillend. Die verhouding tussen altruïstiese gedrag en geluk is dus wederkerig. Sosiologie"Sosioloë bemoei hulle lank reeds met die wyse waarop 'n goeie samelewing gebou word" ("Altruism, Morality, and Social Solidarity". Amerikaanse Sosiologiese Vereniging (ASA).[24]). Die ASA gee ook hierdie erkenning aan Openbare sosiologie: "Die intrinsieke wetenskap, beleid en openbare relevansie van hierdie ondersoekveld in die daarstelling van 'goeie samelewings' is onbetwisbaar." ("Altruism, Morality, and Social Solidarity" ASA). Hoe altruïsme geskep, georganiseer en uitgevoer word, en waardeur dit op groepsvlak gemotiveer word, is 'n fokusarea wat sosioloë ondersoek sodat hulle kan teruggee aan die groepe wat bestudeer word en sodoende "'n goeie samelewing" kan bou. Patologiese altruïsmePatologiese altruïsme vind plaas wanneer altruïsme tot ongesonde uiterstes gevoer word, en daartoe lei dat óf die altruïstiese persoon benadeel word, óf die goedbedoelde dade meer kwaad as goed veroorsaak. Voorbeelde sluit in depressie en uitbranding by veral professionele gesondheidswerkers, 'n ongesonde fokus op ander persone ten koste van 'n individu se eie behoeftes, die opgaar van diere en oneffektiewe filantropiese en maatskaplike programme wat die situasies wat hulle veronderstel is om te verbeter, uiteindelik vererger.[25] Godsdienstige sieningsSo te sê alle wêreldgodsdienste bevorder altruïsme as 'n baie belangrike morele waarde. Boeddhisme, die Christendom, Hindoeïsme, Islam, Djainisme, Judaïsme and Sikhisme, ens., lê besondere klem op altruïstiese sedes. FilosofieDaar bestaan 'n wye verskeidenheid filosofiese sienings van die mens se verpligting of motivering om altruïsties op te tree. Voorstanders van etiese altruïsme beweer dat individue moreel verplig is om altruïsties op te tree. Die teenoorgestelde siening, etiese egoïsme, voer aan dat morele agente altyd in hulle eie belang moet optree. Etiese altruïsme sowel as etiese egoïsme vorm 'n kontras met utilitarisme waarvolgens elke agent se optrede ten doel moet hê om die doelmatigheid van hulle funksie en die voordele vir hulleself en hulle medemens te maksimaliseer. Sien ookVerwysings
Bronne
Eksterne skakels
Information related to Altruïsme |