Tydens die middeleeue (1236) het die kasteelHuis Almelo op die plek gestaan waar Almelo nou is. In 1420 het die dorp by die kasteel stadsregte verkry. Almelo het 'n klein stadjie gebly tot in die 19de eeu toe die tekstielindustrie in Twente baie gegroei het. Almelo het daaruit voordeel getrek en uitgebrei tot die derde grootste stad van Twente (na Enschede en Hengelo). Sedert die sestiger jare van die vorige eeu het baie industrieë na die lae lande verhuis, en was die stad, gemeet aan Nederlandse standaarde, redelik arm. Net die fabrieke van Ten Cate het gebly.