die Algemeen Dagblad is in 1946 gestig. Die koerant se hoofkwartier is geleë in Rotterdam. Die koerant fokus grootliks op nuus wat betrekking het op die streek waarin dit geleë is, wat die stede en streke rondom Rotterdam, Utrecht en Den Haag insluit.[1] In Suid-Holland en Utrecht word dit saam met plaaslike dagkoerante gepubliseer en versprei.[1] Die nasionale uitgawe word regdeur die land versprei en verkoop. AD word besit deur DPG Media (tot 2019 bekend as De Persgroep) [2] en gepubliseer deur PCM Uitgevers NV.[3]
AD sluit 'n aanvullende streeksuitgawe in, in die distrikte wat voorheen gedien is deur hierdie streekskoerante. Twee van hulle, die AD Haagsche (vir die Den Haagse streek) en die AD Rotterdams Dagblad (vir die Rotterdamse streek) word albei uitgegee in 'n oggend- en aanduitgawe.
Rotterdams Dagblad -> AD Rotterdams Dagblad
Goudsche Courant -> AD Groene Hart
Rijn & Gouwe -> AD Groene Hart
Haagsche Courant -> AD Haagsche Courant
Utrechts Nieuwsblad -> AD Utrechts Nieuwsblad
Amersfoortsche Courant -> AD Amersfoortsche Courant
Van 1995 tot 1996 het AD 'n oplaag van 401,000 eksemplare gehad, wat dit die tweede beste verkoper in die land gemaak het. [5] In 2001 was sy oplaag 335,000 eksemplare.[6] In 2013 was die koerant na De Telegraaf in tweede plek wat sy aantal inskrywers betref.[7] Na samesmelting met sewe streekskoerante op 1 September 2005 en 'n voortgesette daling in lesersgetalle het dit in 2014 'n gemiddelde gesamentlike oplaag van 365,912 eksemplare gehad.[7] In 2017 het dié oplaag egter gedaal tot 341,249.