Abell 70 is 'n effens lang planetêre newel sowat 13 500 - 17 500 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Arend . Dit beweeg teen 79 km/s na die Aarde en sit uit teen 38 km/s. Agter Abell 70 lê 'n sterrestelsel met die naam PMN J2033-0656 wat dit soos 'n "diamantring" laat lyk.[ 1]
Samestelling
Die dowwe OIII-ringstruktuur kan deur 'n teleskoop gesien word.[ 2] Die newel se sentrale ster is 'n dubbelster , wat uit 'n warm witdwerg en 'n G-tipe subreusester bestaan.[ 3]
Sterrestelsel
PMN J2033-0656 is 'n radiosterrestelsel wat van die kant af gesien word. Sy posisie gee Abell 70 'n diamantringagtige voorkoms aan sy noordekant.[ 1]
Verwysings
↑ 1,0 1,1 "Anne's Image of the Day: Planetary Nebula Abell 70" . Anne's Astronomy News . 30 November 2013. Besoek op 17 Februarie 2014 .
↑ Gottlieb, Steve (16 Augustus 2001). "Best Abell Planetaries: Summer" . Astronomy-Mall . Besoek op 27 Oktober 2018 .
↑ Jones, David; Boffin, Henri M J.; Brown, Alex J.; Zak, Jiri; Hume, George; Munday, James; Miszalski, Brent (2022). "A detailed study of the barium central star of the planetary nebula Abell 70" . Monthly Notices of the Royal Astronomical Society . 516 (4): 4833–4843. arXiv :2208.14778 . Bibcode :2022MNRAS.516.4833J . doi :10.1093/mnras/stac2501 .
Skakels